Gå direkt till innehållet
Die Baan-Brekers
Die Baan-Brekers
Spara

Die Baan-Brekers

Författare:
Engelska
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer
Hoe Suid-Afrikaanse Sportleiers Kampioene Slyp. Heyneke Meyer was 34 jaar oud toe hy vir die tweede keer as die hoofafrigter van 'n Superrugby-span afgedank is. Maar toe sy Bulls-span op 19 Mei 2007 die eerste Suid-Afrikaanse span word om die Super-titel te wen, was die donker jare op Loftus Versfeld skielik vergete en Meyer oornag almal se breier sonder gelyke'. Want dis net daar - op die speelveld - dat afrigters en spelers beoordeel word. En tog vertel die telbord nooit die volle verhaal van hoe mense oornag' sukses behaal het nie. Vir Meyer was dit 'n strawwe reis van meer as 7 jaar - 'n tydperk waarin hy beroepsrugby gedefinieer en verander het. En dit is leierskap. En leierskap is waaroor Die Baanbrekers gaan - mense wat 'n sportsoort, 'n bedryf of 'n manier van dink en uiteindelik daardeur ook lewens onherroeplik verander het. Marco Botha het met van Suid-Afrika se vernaamste sportleiers gesels en hy ontleed hier hul uiteenlopende suksesverhale. Van Meyer tot Brendan Venter, wat van Saracens 'n superklub en in 2013 van die Haaie die Curriebeker-kampioen gehelp maak het deur 'n kultuur te vestig waar gelukkige mense belangriker as silwerware geag word. Ook die voormalige Springbok-sewesafrigter Paul Treu het die blitskode as 'n wereldsport bevorder deur sy span gereeld met innovasie op innovasie bo oenskynlik baie beter spanne te laat uittroon. Gary Kirsten en Paddy Upton het die Indiese en daarna die Suid-Afrikaanse krieketspan na wereldoorheersing gelei met 'n leierskapstyl wat spelers bemagtig en as mense ontwikkel het - die nuwe skool' van afrigting. Hierdie merkwaardige leiers het van gewone mense kampioene gemaak. En die redes daarvoor gaan jou beslis verras . . .
Författare
Marco Botha
ISBN
9781868424191
Språk
Engelska
Utgivningsdatum
2014-04-02
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator