Gå direkte til innholdet
Vonnis van die Berge
Vonnis van die Berge
Spar

Vonnis van die Berge

72,-
Les i Adobe DRM-kompatibelt e-bokleserDenne e-boka er kopibeskyttet med Adobe DRM som påvirker hvor du kan lese den. Les mer

3. VONNIS VAN DIE BERGE - WOESTE LAEVELD REEKS


In die woeste avonturiersdorp van Barberton, reik die landdros ’n lasbrief uit vir die arrestasie van Johan Grimbeek, op aanklag van moord en roof. Sake lyk baie donker teen Grimbeek, maar die noodlot bewerk dit so dat as hy ’n sekere perd in die hande kan kry, ’n perd wat wild in die berge groot geword het, hy sy onskuld sal kan bewys. Hy vlug voor die landdros se manne uit en gaan die berge binne, om die perd te probeer vang. Dit is ’n prag van ’n dier en ratser as ’n wildsbok.


Maar voordat Grimbeek na die berge toe gaan, word hy op gesoek deur ’n meisie. Sy weet dat Grimbeek nog al die tyd soek na ’n spesifieke man, ’n skurk en moordenaar, met wie hy reeds twee maal in bloedige botsings betrokke was. Sy wil hom gaan help om hierdie man, Mario Perreira, op te spoor en wraak te neem.


Met trane in haar oë en hartstogtelike woorde op haar lippe, soebat sy hom om haar saam te neem wanneer hy in die berge in ry, want sy het net een groot begeerte en dit is om hom te help en saam met hom wraak te gaan neem.


Johan Grimbeek laat haar toe om saam te gaan, en baie dae en nagte bring hulle saam in mekaar se geselskap deur. In die tyd beleef hulle baie asemrowende avonture saam. Wanneer hy siek word, verpleeg sy hom, en wanneer sy lewe in gevaar is, help sy hom veg. Die landdros se manne is later kort op sy hakke, terwyl Mario Perreira weer voor hom in die berge is, besig met sy duiwelse planne om hom vas te trek. En intussen moet hy nog daardie ongelooflike ratse, wilde perd vang.


#WoesteLaeveldReeks

Undertittel
Die Grensvegter van die Laeveld - Die Volledige Reeks, Boek 3
Illustratør
Braam le Roux
Redaktør
Braam le Roux
ISBN
9781928498650
Språk
Afrikaans
Utgivelsesdato
8.9.2025
Tilgjengelige elektroniske format
  • Epub - Adobe DRM
Les e-boka her
  • E-bokleser i mobil/nettbrett
  • Lesebrett
  • Datamaskin