Gå direkte til innholdet
Lewe in die rivier van God's se genade
Spar

Lewe in die rivier van God's se genade

pocket, 2009
Afrikaans

Oordeel, wat onstaan uit seer, skaamte, wrok en onvergifnis is besig om lewens,

huwelike, families, kerke, besighede en selfs nasies te verwoes. Niemand kan in 'n

omgewing van verdeeldheid floreer nie. God se genade het die krag om verhoudings

te herstel en jou lewe te omskep. Duisende mense wie al Family Transformation

seminare bygewoon het, het 'n nuwe hoop en vreugde ontvang deur die krag van

genade soos in hierdie boek gedeel word.

Draai die sleutel, en tree in oorwinning in oor oordeel, skaamte en pyn.

Drummond en Lindah Robinson is voluit daarmee besig om hul roeping - wat tot die

stigting van goddelike huwelike en families oor die hele wereld is - uit te dien. Hulle

het ook aan duisende mense vryheid gebring deur middel van hul seminare, waarin

hulle hul leer hoe om "Geposisioneer vir Se n" te wees.

Hulle materiaal is wyd verspreid oor verskeie nasies. Vele plaaslike kerke het

getuienisse gedeel oor die positiewe impak wat hierdie bediening op hul lede gehad

het. Leiers is veral merkwaardig in hul lewens en huwelike verander. Hul lering oor

hoe om genade in plaas van oordeel in ons daaglikse wandel vry te stel sal jou lewe

ook verander. Hul rekord van voortdurende lewens veranderende impak oor vele

jare, stel my gerusom hierdie boek met volle vertroue aan jou te kan voorstel.

Wees gese nd en vir ewig verander soos jy lees

John Scholtz, Apostolic leader

Harvest Ministries, COTN

Drummond en Lindah Robinson is die stigters en direkteure van Family Transformation

International. Hulle is die skrywers en aanbieders van verskeie seminare oor die

huwelik, familie, en persoonlike verykking. Hul seminare is plaaslik en internasionaal

wyd versprei. Hulle het drie kinders en tien klein kinders.

FAMILY TRANSFORMATION het 'n visie:

- Om kerke toe te rus om 'n impak te maak op huwelike en families

- Om leiers op te lei en toe te rus

- Om dinamiese seminare en hulpbronne te voorsien

- Om familie sentrums te stig om 'n impak te maak op gemeenskappe

ISBN
9780994708601
Språk
Afrikaans
Vekt
100 gram
Utgivelsesdato
1.12.2009
Antall sider
76