Gå direkte til innholdet
Krok en Dil Vlak 1 Boek 7
Krok en Dil Vlak 1 Boek 7
Spar

Krok en Dil Vlak 1 Boek 7

Forfatter:
Afrikaans
Les i Adobe DRM-kompatibelt e-bokleserDenne e-boka er kopibeskyttet med Adobe DRM som påvirker hvor du kan lese den. Les mer

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.

Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sê een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. “My kinders het grootgeword met stories – van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ’n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou ’n leesreeks skryf wat vir lesers – en ouers! – ’n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Undertittel
Waar is die maan?
Forfatter
Jaco Jacobs
ISBN
9781776251032
Språk
Afrikaans
Utgivelsesdato
28.1.2022
Tilgjengelige elektroniske format
  • Epub - Adobe DRM
Les e-boka her
  • E-bokleser i mobil/nettbrett
  • Lesebrett
  • Datamaskin