Gå direkte til innholdet
Jan Smuts: Afrikaner sonder grense
Spar

Jan Smuts: Afrikaner sonder grense

Forfatter:
pocket, 2017
Afrikaans
Jan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wereldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op 'n verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek. Afrikaner sonder grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en 'n groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.
Forfatter
Richard Steyn
ISBN
9781868427420
Språk
Afrikaans
Vekt
500 gram
Utgivelsesdato
1.5.2017
Antall sider
300