Gå direkte til innholdet
Hoe Paaie Draai
Spar

Hoe Paaie Draai

Forfatter:
pocket, 2024
Afrikaans
Dirk van Zyl, is 'n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees ... die waarheid ontbloot deur 'n digter se o en pen. Die waarheid wat seermaak.

Hier deel ons sy 'n stukkie van sy gedig Die Nuwe Herder en dit is 'n situasie wat daagliks ondervind word.
Die pad l soos 'n dooie slang teen die berg,
kronkelend tussen plante en rotse na die kruin.
Dit vertoon, en dan is dit weg,
tot waar dit in die niet verdwyn.

Aalwyne pryk hoog om hul kroon te vertoon
en blomme lok die nektardrinkers byeen.
Stadig drywende wolke loer skelm oor die kim,
ver onder is die vo ls met vryheid gese n.

Daar's geen dronk volstruis, of 'n besope troupand,
geen mossie slinger by die drinkplek rond.
Geen dronkgestry onder die kwartels,
of flougedrinkte fisante op die grond.

Geen tortelduif en spreeu wat baklei oor drank,
of halfdronk pou wat op toonbanke dans.
Geen voosgesuipte bokmakierie,
wat wals met 'n besope gans.

Forfatter
Dirk Van Zyl
ISBN
9781991455604
Språk
Afrikaans
Vekt
231 gram
Utgivelsesdato
18.12.2024
Antall sider
194