DIE BOEK
’n Vakansie in Itali by haar gunstelingtannie is presies wat Nicki nodig het, en sy is vasberade om nie toe te laat dat haar nuwe stiefsussie, Bella, dit vir haar bederf nie. Maar dit vat nie lank vir vreemde dinge om te begin gebeur nie. In ’n winkel in Venesi sien sy ’n pragtige antieke ring met ’n draaksimbool, maar word gedwing om dit te koop omdat sy dit skielik nie van haar vinger kan afkry nie. Dan vertrek hulle almal na die beroemde Castello di Zumelle sodat haar tannie ’n vriend kan uithelp. Dis daar waar dinge regtig begin vreemd word, en Nicki bevind haarself binne-in ’n magiese Middeleeuse avontuur met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin ... en die legende van die Blou Draak.

Die kasteel van die blou draak is ’n heerlike tydsreisavontuur deur bekroonde skrywer Troula Goosen.

THE BOOK
Nickis vacation in Italy with her favorite aunt is just what she needs, and shes determined not to let her new stepsister, Bella, ruin it. However, strange things start happening quickly. In a Venetian shop, she spots a beautiful antique ring with a dragon symbol, but when she tries it on, she cant take it off and is forced to buy it. The adventure escalates when they all head to the famous Castello di Zumelle to help a friend of her aunt. There, things get truly bizarre, and Nicki finds herself in the midst of a magical medieval adventure with time-traveling knights, a vengeful countess, and the legend of the Blue Dragon.

Die kasteel van die blou draak is a fast-paced time travel adventure by award-winning author Troula Goosen.