Gå direkte til innholdet
Die aanspraak van lewende wesens
Spar

Die aanspraak van lewende wesens

Afrikaans
227,-
Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied 'n priemende blik op twee parallelle reise: 'n man en 'n vrou elk op soek na die oorsake van 'n broer en 'n suster se ondergang. Na 'n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teesinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl - heavy-metal-fan de luxe - se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op 'n dag oorval deur 'n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op 'n sending waarteen sy lankal opsien, in 'n poging om hierdie beleerende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op 'n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in 'n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kerel gewikkel is.
ISBN
9780798157063
Språk
Afrikaans
Vekt
385 gram
Utgivelsesdato
12.9.2012
Antall sider
356