Siirry suoraan sisältöön
Wolwedans in Die Skemer
Tallenna

Wolwedans in Die Skemer

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is 'n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe 'n roman geword het (1983), daarna 'n televisiereeks (1985) - en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste "Boere-noir". Leon het self die draaiboek geskryf, en dit het hom geinspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus 'n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika. Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in 'n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van 'n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan die onheilspellende hotel. Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir 'n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.
Kirjailija
Leon van Nierop
ISBN
9780624056126
Kieli
afrikaans
Paino
480 grammaa
Julkaisupäivä
20.8.2012
Sivumäärä
448