Siirry suoraan sisältöön
Verhale van Hoop
Verhale van Hoop
Tallenna

Verhale van Hoop

Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
<p>Kintsugi is die Japannese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit. Dit is spesiaal om die pad van ’n psigiese versteuring met ’n geliefde te loop — ’n pad wat verby verrukking en verskrikking kronkel. Die mense na aan iemand met ’n psigiese siekte voel alleen en dikwels verlate. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel. Psigiaters en sielkundiges gee praktiese raad oor wat om te doen, veral as ’n situasie ondraaglik of gevaarlik raak. Selfdood het dikwels ’n lang aanloop en daar kan ingegryp word. In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Die feit dat net een in ses mense met ’n psigiese siekte behandeling kry, wys hoe belangrik ondersteuning deur geliefdes is. Lees hier vir advies. Daar is hoop.</p>
Alaotsikko
So help jy jou geliefde en jouself
Kirjailija
Pieter van Zyl
ISBN
9780639606019
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
1.5.2021
Kustantaja
LAPA Publishers
Formaatti
  • Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone