Siirry suoraan sisältöön
Vaselinetjie
Tallenna

Vaselinetjie

Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng - die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis 'n vreemde, harde, gevaarlike wereld van skomgatkinders, kwaai huistannies en 'n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.
ISBN
9780624039815
Kieli
afrikaans
Paino
310 grammaa
Julkaisupäivä
1.3.2004
Sivumäärä
256