Siirry suoraan sisältöön
Van Afrikaans gepraat
Van Afrikaans gepraat
Tallenna

Van Afrikaans gepraat

Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
’n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan Van Afrikaans gepraat ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg is nou te koop. Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het of selfs ook die vrees vir taalkontak is een van Afrikaans se belangrike stories. Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard. Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans. Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei. Oor Van Rensburg se vorige boek So kry ons Afrikaans het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewer verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.” Die ATR die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument en Die Erfenisstigting werk aktief mee om hierdie boek te bemark. Die boek kom ook gereeld ter sprake by taalsimposia van die ATKV en DAK. Ook in Nederland is daar groot belangstelling en die Engelse vertaling prikkel belangstelling onder sosiolinguiste van verskillende kontinente.
ISBN
9780799384802
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
1.10.2018
Kustantaja
LAPA Publishers
Formaatti
  • Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone