Siirry suoraan sisältöön
Troepie: Van Blougat tot Bosoupa
Troepie: Van Blougat tot Bosoupa
Tallenna

Troepie: Van Blougat tot Bosoupa

10,60 €
Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
<p>Vir meer as ’n halfmiljoen wit Suid-Afrikaanse mans wat voor 1994 opgeroep is, was Nasionale Diensplig ’n verpligte, veeleisende en intense ervaring wat ’n kragtige uitwerking op hulle lewe gehad het. Hierdie boek is ’n versameling vertellings waarin meer as veertig voormalige dienspligtiges hulle herinneringe aan hulle dienstydperk in die Suid-Afrikaanse Weermag met ons deel.<br>Die hoofstukke lei jou deur die fases wat die loopbaan van ’n Nasionale Dienspligtige gevorm het: oproepinstruksies, inklaar, Basies, keuring, bosfase, tweedefaseopleiding, algemene diens, die Grens, Angola, die townships, uitklaar en kampe. Met die klem op die humor sowel as die swaarkry, verskaf hierdie vertellings ’n verskeidenheid perspektiewe op inspeksies, dril, wagdiens, Grenspatrollies, kontak, en die alledaagse lewe in die SAW.<br>Ook ingesluit is amptelike dokumente soos oproepinstruksies, uittreksels uit die Basiese Opleiding-handleiding, en ’n uitklaarsertifikaat. Bylaes verskaf meer inligting oor die geskiedenis van Nasionale Diensplig en plaas die Grensoorlog en ander kwessies binne konteks.<br>Troepie: van blougat tot bosoupa moet gelees word deur enigiemand wat Nasionale Diensplig gedoen het, of iemand ken wat dit gedoen het. Dit is ’n insiggewende en fassinerende verslag van wat dienspligtiges in werklikheid ervaar het.</p>
Kirjailija
Cameron Blake
ISBN
9781770221918
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
8.12.2010
Formaatti
  • Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone