Siirry suoraan sisältöön
  1. Kirjat
  2. Jännitys
  3. Trillerit

Siende blind

18,70 €

Op ’n Sondagoggend terwyl hulle ontbyt maak, vra Cara haar sielemaat en eggenoot waarom hy die afgelope tyd so stil is. Sy kry ’n sielsverbryselende antwoord. Vir Cara voel dit soos die einde van alles. Dis egter net die eerste tand van die duiwelsvurk wat haar veilige kokon deurboor. Haar hele lewe ontaard in ’n blivet, daardie optiese illusie waar twee onversoenbare perspektiewe tegelykertyd ewe daar, en nie daar is nie. Êrens is daar waarhede en oral is leuens. Om te oorleef moet Cara vasstel waarom sy die teiken is van die oormag rampe wat haar tref – en wie die hef in die hand het. Maar as rykmansdogter en fiksieskrywer wat glo in gelukkige eindes, is sy allesbehalwe toegerus daarvoor.

Kirjailija
Chanette Paul
ISBN
9780799361636
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
1.7.2013
Kustantaja
LAPA Publishers