Siirry suoraan sisältöön
  1. Kirjat
  2. Novellit, runous ja näytelmät
  3. Runous

Plunder

Kirjailija:
afrikaans
20,60 €

Dié jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar ná Mede-wete. Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Daar is ’n onrusbarende kwesbaarheid, ’n brandende woede en ’n direktheid, en tegelyk ’n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In die openingsgedig skryf sy: “Dit kom nie meer op my af nie / die geluid/ die geluid van ’n gedig kom nie meer op my af nie.” En dan, teenstrydig hiermee, sleur Krog die leser in die daaropvolgende verse mee in ’n jubelsang en ook ’n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees. En hoe dit in Afrikaans kan klink en resoneer.

Kirjailija
Krog Antjie
ISBN
9780798183178
Kieli
afrikaans
Paino
500 grammaa
Julkaisupäivä
4.10.2022
Sivumäärä
128