Siirry suoraan sisältöön
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
Tallenna

Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

sidottu, 2022
afrikaans
Dié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierná val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit. Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.
ISBN
9780624092315
Kieli
afrikaans
Paino
500 grammaa
Julkaisupäivä
22.5.2022
Sivumäärä
704