Siirry suoraan sisältöön
’n Seun soos Bram
’n Seun soos Bram
Tallenna

’n Seun soos Bram

Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
Die spannende verhaal van die kommunis Bram Fischer, leier van ’n revolusionêre beweging in ’n ondergrondse komplot teen die apartheidsregering, is maar een deel van Fischer se storie. Nadat hy die ander samesweerders soos Nelson Mandela in die Rivonia-verhoor verdedig het, is hy self aangekla, maar het verdwyn terwyl hy op borgtog uit was. Ná maande is hy gevang en tot lewenslank gevonnis. Daarby moes hy leef met ’n verskriklike selfverwyt oor ’n motorongeluk waarin sy vrou dood is. Maar naas die intrige en spioenasie is daar ook ’n ander verhaal van ’n gelukkige Vrystaatse jeug en hegte bande tussen Bram en sy ma, die skrywer Ella Fischer. Hannes Haasbroek vertel beide verhale gesaghebbend en deeglik, deels gegrond op nuwe dokumente soos familiebriewe en Ella se dagboeke. Bram se verhaal word geteken teen die agtergrond van die Fischers en Fichardts, die aristokratiese Vrystaatse families waaruit hy stam, en wie se lotgevalle verweef is met die Afrikanergeskiedenis van voor die Anglo-Boereoorlog tot by apartheid en die struggle. ’n Seun soos Bram is die eerste biografie in Afrikaans oor hierdie hoogs bekende, verworpe en vereerde Afrikaner.
ISBN
9781415202180
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
27.6.2011
Formaatti
  • PDF - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone