Siirry suoraan sisältöön
Melktert vir die hart
Melktert vir die hart
Tallenna

Melktert vir die hart

Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Sy weet sy moet met dié sondige begeerte klaarspeel, maar sy het van kindsbeen af ‘n heldeverering vir hom en glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, ‘n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Hy kommandeer haar geliefde perd op vir die oorlog, maar word kort daarna gewond waarna sy hom moet verpleeg.Sy vertellinge van die Kaap maak haar kop deurmekaarder as al die stories wat Andrea kleintyd vir haar vertel het. Dit laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en ‘n bal in die kasteel – tot omstandighede haar onverwags in ‘n ander rigting dwing. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
ISBN
9781776359035
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
1.6.2023
Kustantaja
LAPA Publishers
Formaatti
  • Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone