Siirry suoraan sisältöön
Ek het my tiekie gevind
Tallenna

Ek het my tiekie gevind

Ek het my Tiekie gevind. Wees saam met my bly ek het my tiekie gekry. Plus: twee broers en 'n suster 'n seun en twee dogters vier kleinkinders meer as een vrou... Eintlik was my tiekie maar altyd daar: saam op die langpad, met die nuuskierige ondersoek van al tien gaatjies, saam by die 'naked hikers', met die geboorte van my kinders, die dood van my ouers, my broer, my seun my reis terug, altyd terug... ek is 'n kind van Namibi . Lariza van Niekerk: Wat 'n genot is dit nie om weereens saam met Johann Wentzel in "Ek het my Tiekie gevind" 'n herinneringsreis te onderneem nie Hierdie reis strek vanaf sy kaalvoet-kinderdae in Suidwes-Afrika en Suid-Afrika, tot in Noord Ierland, vanaf kerrie-skaapafval in Okanhandja tot "curry chips" in Letterkenny. Saam met die skrywer smaak ons die eer van 'n koninklike ontvangs by 'n troue in Taung, wonder ons oor die toordokter-voorskoot en vind ons uiteindelik geluk in Waringstown. Die vertellings word gelewer in 'n gemaklike styl wat die leser boei en heerlik laat saamkuier.
Kirjailija
Johann Wentzel
ISBN
9781499725698
Kieli
afrikaans
Paino
259 grammaa
Julkaisupäivä
1.5.2014
Sivumäärä
218