Siirry suoraan sisältöön
Die Staat vs. Oscar
Die Staat vs. Oscar
Tallenna

Die Staat vs. Oscar

Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää
Oscar klop aan die deur en Reeva kom maak vir hom oop. Die man wat oor die drumpel trap, wat vir die laaste keer by hierdie huis instap, is Oscar Pistorius, skatryk, alomgeliefde wereldberoemde Olimpiese held. Die man wat oor minder as 24 uur by dieselfde deur sal uit steier, sal 'n ander Oscar wees. Berug, bebloed, bedroef, 'n flentersgebreekte spieel van homself."e;Dis die verhoor van die jaar, die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n hofdrama geword het, 'n sprokie wat in bloed geeindig het.Die Oscar Pistorius-saak is al van hoek tot kant bestudeer en ontleed, in berigte en debatte bespreek. Maar nog nooit is dit van die begin tot die end as 'n spanningsverhaal vertel nie. En dit is wat Marida Fitzpatrick in Die Staat vs. Oscar doen. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie nag en die mees dramatiese dele van die verhoor op so 'n manier ineen dat die boek soos 'n misdaadriller lees. Tussendeur die boeiende vertelling is uittreksels uit roerende onderhoude met van die betrokkenes se naastes. Die boek bevat ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? Dit word alles geillustreer met foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is 'n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.
ISBN
9781868426423
Kieli
englanti
Julkaisupäivä
1.10.2014
Formaatti
  • Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
  • Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
  • Lukulaite
  • Tietokone