Siirry suoraan sisältöön
Boererate
Boererate
Tallenna

Boererate

Kirjailija:
afrikaans
Lue Adobe DRM-yhteensopivassa e-kirjojen lukuohjelmassaTämä e-kirja on kopiosuojattu Adobe DRM:llä, mikä vaikuttaa siihen, millä alustalla voit lukea kirjaa. Lue lisää

As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.

Toe Boererate – ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het dié besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.

’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp:

1.) Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.

2.) Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.

3.) Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.

Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn oorhou.

Kirjailija
Danie Smuts
ISBN
9780143531678
Kieli
afrikaans
Julkaisupäivä
1.3.2015
Formaatti
• Epub - Adobe DRM
Lue e-kirjoja täällä
• Lue e-kirja mobiililaitteella/tabletilla
• Lukulaite
• Tietokone