Gå direkt till innehållet
  1. Böcker
  2. E-böcker & ljudböcker

Wat's jou storie? Watermonster

Författare:
afrikaans
54 kr
Lägsta pris på PriceRunner

'n Splinternuwe Kies-jou-eie-avontuur-reeks uit die pen van Jaco Jacobs. Wat's die storie met die boek? Hierdie is nie sommer enige boek nie - dis JOU storie! Dis reg, JY is die hoofkarakter en JY besluit wat volgende gaan gebeur. Lees die instruksies onderaan elke hoofstuk en besluit wat jy volgende gaan doen. Elke keuse lei na 'n nuwe avontuur.Is jy dapper genoeg om die watermonster te trotseer? Dis jou keuse - jy kan die vakansie saam met jou ouers oorsee gaan, of saam met jou supervreemde tannie Ingrid langs 'n meer gaan kampeer. Tannie Ingrid is 'n wetenskaplike wat reptiele en paddas bestudeer. Wil jy regtig die hele vakansie lank iewers gaan bly waar daar beslis nie Wi-Fi is nie en jy heeldag met jou water-stewels deur 'n vleiland vol paddas moet ploeter? Maar in die donker waters van die meer skuil 'n geheim. 'n Geheim met skubbe en tande. En dalk word die vakansie die avontuur van 'n leeftyd ...

Författare
Jaco Jacobs
Illustratör
Alistair Ackermann
ISBN
9781779991911
Språk
afrikaans
Utgivningsdatum
2026-02-01