Gå direkt till innehållet
  1. Böcker
  2. Barn & ungdom

Vreemde dinge kan op 'n Dinsdag gebeur

Författare:
afrikaans
98 kr
Lägsta pris på PriceRunner

Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op 'n Dinsdag nie. Elke Dinsdag na skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. "e;Gaan soek vir jou 'n boek, Barto,"e; se Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit 'n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag 'n bal skop, is dit die begin van 'n holderstebolder avontuur ... vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie.In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs 'n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding - gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer.

Författare
Jaco Jacobs
Redaktör
Gabi Boy
ISBN
9781779992031
Språk
afrikaans
Utgivningsdatum
2026-05-01