Gå direkt till innehållet
Oulap se Blou
Oulap se Blou
Spara

Oulap se Blou

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer
Hy het gewonder of ’n mens diep binnekant jou net so baie onbekende plekke het soos die land waarin jy woon, so baie uiteenlopende plekke, so baie byna onbegaanbare paaie. Die stories in hierdie boek is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar ’n blouïgheid aan die opwinding. Veertig jaar ná die verskyning van sy eerste, lank reeds beroemde kortverhaalbundel Duiwel-in-die-bos, het Chris Barnard baie om na terug te kyk. Seunskindjare in ’n landelike paradys. Die liefde in haar vele verleidinge. Vriende, en wat van hulle geword het. ’n Land, en wat dáárvan geword het. Dalk ’n singende en dansende land. In hul skone eenvoud soek hierdie veertig kort vertellings die plekke op waar lag en verlange naaste bure is. Stories sonder versiering, wat hulle juis die mooiste stories maak. CHRIS BARNARD, een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans (o.m. die Hertzogprys twee keer, die CNAprys drie keer) is in 1939 in Nelspruit gebore. Hy was boekuitgewer, joernalis en filmvervaardiger, en as skrywer was hy een van die befaamde Sestigers wat die letterkunde se grense dramaties versit het. Sy tweede roman, Mahala, word dekades reeds onder die klassieke Afrikaanse werke gereken. Sy oeuvre sluit talle literatuursoorte in: kortverhale en romans, jeugverhale, dramas, draaiboeke (o.m. die Oscargenomineerde Paljas), rubrieke en deesdae lirieke. Sy werk is wyd vertaal. Hy is tans ’n neuteboer in Mpumalanga.
Undertitel
Veertig kort vertellings
Författare
Chris Barnard
ISBN
9781415202852
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2011-06-27
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator