Gå direkt till innehållet
  1. Böcker
  2. E-böcker & ljudböcker

Oerwoudvalk reeks

Författare:
afrikaans
68 kr
Lägsta pris på PriceRunner

6. REWOLUSIE IN DIE OERWOUD - OERWOUDVALK REEKS


In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met rewolusie, opstand, moord en brandstigting in die Belgiese Kongo.  Alles begin toe ’n Griek genaamd Poponoulis en sy gesin deur inboorlinge aangeval word.  Gelukkig vir hulle is die Valk toevallig in die nabyheid en kan hy hulp verleen.


 Hy hoor van nog mense wat vlug van al die geweld en maak dit sy doel om hulle betyds te probeer vind, voor almal uitgemoor word.  Gou kom die Valk op ’n sendingstasie af met ’n geheimsinnige draadomheining rondom.  Daar binne ontmoet hy ’n Biskop Gravalotte en dadelik besef die Valk dat alles daar nie heeltemal pluis is nie.


 In die Valk se soektog na almal, kom hy te staan teen ’n yslike leeumannetjie, wat hy slegs met kaal hande en ’n jagmes aandurf.  Groot is sy verbasing toe hy ontdek wie se lewe hy in die proses gered het.  Verder daag daar ook hulp vir hom op vanuit ’n totaal onverwagte oord.  Dit stel hom toe in staat om met hulle hulp, die sendingstasie, waar al die onheil broei, te gaan aanval, sy vriende te gaan bevry en so die rewolusie te probeer beëindig.


#OerwoudvalkReeks

Författare
A.P. Du Plessis
Illustratör
A.P. Du Plessis
ISBN
9781928498452
Språk
afrikaans
Utgivningsdatum
2025-09-24
Sidor
113