
Lokval van die Liefde
Waarmee hierdie goedhartige, getroue kind van God nie rekening gehou het nie, is dat daar mense baie naby haar is wat deur afguns en jaloesie gedryf word. Hierdie mense se tydsberekening is perfek en die eerste verwoestende slag wat hulle beplan tref Allegra die oggend nadat sy die wel die W reldkampioenskap titel ingepalm het. Die verpletterende slag kom in die vorm van 'n koerantberig, met verdoemende foto's van haar verloofde en 'n ander vrou.
Dit steel nie net al haar glorie as W reldkampioen nie, maar verwoes haar lewe. Sy verloor nie net die man wat sy liefhet in die aanval nie, maar ook haar twee beste vriende, Lorenzo en Mirabel. Dit laat haar alleen en gebroke met net haar God om aan vas te klou.
Dit is egter glad nie waar die bose planne van haar vyande se jaloesie en afguns ophou nie. Met 'n baie slinkse plan infiltreer hulle haar binnekring, want hulle sal met niks minder tevrede wees as haar lewe nie.
Gaan Ivano, Lorenzo en Mirabel hierdie bose mense se planne kan stop en hulle dierbare Allegra se lewe kan red?
Gaan haar o dan uiteindelik op gaan vir die leuens van die verlede?
- Författare
- Marsofine Krynauw
- ISBN
- 9781991455109
- Språk
- Afrikaans
- Vikt
- 340 gram
- Serie
- Romantika
- Utgivningsdatum
- 2024-07-21
- Förlag
- Malherbe Uitgewers
- Sidor
- 292
