Gå direkt till innehållet
Kas vol monsters Omnibus
Kas vol monsters Omnibus
Spara

Kas vol monsters Omnibus

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer

Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?

Denver se kas is ’n geheime ingang na ’n kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas Vol Monsters-boeke!

Die Groen Hand.
Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?

Vampierfoto’s.
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na ’n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto’s van ’n vampier te neem ... kan ’n pyn in die nek wees!

Hollywood-mummie.
Dit is glad nie so maklik om ’n Hollywood-ster te word nie – veral nie as jy ’n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om ’n rol in ’n fliek los te slaan?

Weerwolfprobleme.
Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in ’n BAIE slegte bui. En as ’n weerwolf vies is - moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...

Die perfekte monster.
Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om ’n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir ’n groot groen monster te kry is glad nie so maklik nie!

Kinderspeletjies.
Al die monsters is op pad na ’n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om ’n aand lank baba-oppassers vir ’n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?

Författare
Jaco Jacobs
ISBN
9780799392432
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2019-02-01
Tillgängliga elektroniska format
• Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
• E-boksläsare i mobil/surfplatta
• Läsplatta
• Dator