Gå direkt till innehållet
Die skilpad se laaste traan
Die skilpad se laaste traan
Spara

Die skilpad se laaste traan

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer

Dis ’n donker karoonag en Siena hardloop grondpadlangs. Sy is bebloed en vlug na die laerskool by Seekoegat, die enigste plek waar sy veilig sal wees. Maar dis ver – drie dae met ’n donkiekar – en sy is te voet.
Soos wat Siena hardloop, speel die lewensverhaal van haar en twee vriende in haar herinneringe uit. Sy onthou die verwilderde en verwaarloosde Boetie, en Kriekie wie se ma by die stilhouplekke al langs die n1 moes werk. Wanneer hulle drie mekaar later weer as grootmense raakloop, moet hulle hard besin oor die dinge van gister wat elkeen sy eie koers laat inslaan het.
Saam met Siena se storie loop die Karooskilpad se spore: ’n Dier wat die wysheid van die landskap saam met hom dra en wat ’n enkele traan stort wanneer hy doodgaan.
In Die skilpad se laaste traan verken Carol Campbell weer die magiese, oeroue wêreld van die Karoo, vir donkiejare reeds die plek van die karretjie­mense.

Författare
Carol Campbell
ISBN
9781415210352
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2019-01-02
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator