Gå direkt till innehållet
  1. Böcker
  2. E-böcker & ljudböcker

Die Fout By Ons Sterre

Författare:
afrikaans
100 kr
Lägsta pris på PriceRunner

Die oorspronklike Engelse roman – THE FAULT IN OUR STARS – is ’n internasionale blitsverkoper waarvan ook ’n baie suksesvolle rolprent gemaak is. Die bekende skrywer en kunstenaar, Tinus Horn, het die boek op ’n sensitiewe manier in Afrikaans vertaal as DIE FOUT BY ONS STERRE. Ondanks die mediese wonderwerk wat gewasse laat krimp en vir haar ’n paar jaar koop, stuur Hazel se lewensverhaal op die einde af; haar diagnose het die inhoud van die laaste hoofstuk bepaal. Maar wanneer ’n uiters aantreklike omwenteling met die naam Augustus Waters by die kankerondersteuningsgroep vir kinders instap, word Hazel se storie van voor tot agter herskryf. Rou, dapper, oneerbiedig en vol insig. DIE FOUT BY ONS STERRE is tot dusver die bekroonde skrywer John Green se mees ondernemende en hartroerende roman, waarin hy die lagwekkende, asembenewende en tragiese aard van die lewe en liefde skitterend verken.

Författare
John Green
ISBN
9781485900283
Språk
afrikaans
Utgivningsdatum
2016-09-26