Gå direkt till innehållet
Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek
Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek
Spara

Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer

Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol. Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof’ en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak. Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op ’n avontuur deur Afrika se wildernis – of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet. Verkoopspunte: Prettige aktiwiteitsboek wat liefde vir die natuur aanwakker. Afrika-tema; van toepassing op suider- en Oos-Afrika. Gepak met kopkrappers en interessante feite. Treffende ontwerp met ±300 foto’s van wilde diere in aksie. Bekostigbare prys.

Författare
Helene Booyens
ISBN
9781775848943
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2024-03-01
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator