DIE BOEK
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die stories in die Tippie-reeks is uniek, kleurvol en prettig. Illustrasies ondersteun die teks, maar is meer abstrak. Die volgende tien gegradeerde leesboeke fokus op langer sinne, langer paragrawe en ’n moderne uitleg om kritiese denke en leesbegrip te ondersteun.
Vlak 5 se boeke 11-20 is die perfekte oorbrugging om uiteindelik ’n verskeidenheid tekste met selfvertroue en vlotheid te kan lees.

Titels in die Vlak 6-boekpak:
LML (Vlak6) 11: Tippie en die boelie
LML (Vlak6) 12: Tippie en die filmster
LML (Vlak6) 13: Tippie wen ’n prys
LML (Vlak6) 14: Tippie en die sirkus
LML (Vlak6) 15: Tippie maak ’n video
LML (Vlak6) 16: Tippie breek ’n been
LML (Vlak6) 17: Tippie bak ’n koek
LML (Vlak6) 18: Tippie speel krieket
LML (Vlak6) 19: Tippie gaan oorsee
LML (Vlak6) 20: Tippie word groot