Gå direkt till innehållet
Joost en Amor
Joost en Amor
Spara

Joost en Amor

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer
<p>Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was ’n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie “Posh en Becks” bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en ’n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat ’n skokberig oor ’n seksvideo op die voorblad van ’n plaaslike Sondagkoerant verskyn het …<br> In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en ’n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe ’n eenvoudige plaasseun wat ’n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het – en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het ’n sekere mate van bevryding meegebring – totdat ’n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het …<br> Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.</p>
Undertitel
Agter die skerms
Författare
Gavin Prins
ISBN
9781770225985
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2013-10-10
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator