Gå direkt till innehållet
Die Geheim van Fort Laval
Die Geheim van Fort Laval
Spara

Die Geheim van Fort Laval

Författare:
Afrikaans
Lägsta pris på PriceRunner
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer

40. DIE GEHEIM VAN FORT LAVAL - SAHARA AVONTUUR REEKS


Die verhaal begin met ’n uitgeputte groep Franse Vreemdelegioen soldate, onder leiding van Teuns Stegmann, wat Fort Laval bereik na ’n verwoestende Sahara storm. Hulle is dors, uitgehonger en hul klere is aan flarde. Die fort verteenwoordig hoop en rus na hul noue ontkoming in die woestyn. Teuns, ’n Suid-Afrikaner wat by die Legioen aangesluit het op soek na sy vermiste broer, word as ’n uitnemende en ervare leier uitgebeeld. Fort Laval, ’n afgesonderde en ongenaakbare vesting, bied egter ’n bittersoet tuiskoms. Toe hulle die fort nader, merk hulle iets onheilspellend op. Die Franse vlag op die fort se vlagpaal is afwesig en aasvoëls sit oral rond op die borswerings. ’n Gevoel van naderende onheil neem besit van die moeë soldate.


Die waarskuwing van ’n sesde sintuig word bewaarheid toe hulle ’n aaklige toneel van slagting net buite die fort ontdek. Binne in die fort blyk dit stil en leeg te wees, ’n aaklige swye wat selfs meer skrikwekkend is as die storm wat hulle so pas oorleef het. Tot hul skok wag, Fatma Harrar, ’n beeldskone Arabiese vrou op hulle in die bevelvoerder se kwartiere. Haar verskyning onthul ’n onverwagse en persoonlike konflik waar haar woorde ? diep gewortelde haat teenoor Teuns Stegmann onthul. Dit blyk dat sy ’n lang pad gereis het om weerwraak te kom neem vir die dood van ’n geliefde. Die manne vind hulself gevange, met ’n uiters gevaarlike en onvoorspelbare vyand.


Teuns Stegmann se lojaliteit word op die proef gestel omrede hy die man is wat die sleutel hou tot lewe en dood van homself en sy manne. Die soldate kom gou agter dat hulle nie alleen ? moorddadige persoon moet trotseer nie, maar veel meer as dit, selfs verraad binne in die legioen se geledere. In ’n wrede stryd om oorlewing bevind die legioen soldate hulself oorweldig in getalle en vuurkrag terwyl ’n massiewe Arabiese mag Fort Laval bestorm. ’n Desperate geveg breek uit, met hand-tot-hand gevegte en ontploffings wat binne die fort se mure losbars. Te midde van die chaos moet die legioen soldate op hul opleiding, moed en vindingrykheid staatmaak om die aanval te weerstaan en ’n manier vind om uit die beleërde vesting te ontsnap. Kan Teuns dit reg kry om sy kamerade te red van ? gewisse dood? Hul enigste redding mag miskien lê in ? geheim wat Fort Laval al vir baie jare lank streng bewaar en net ? handjievol legioen soldate van bewus is!


#SaharaAvontuurReeks

Undertitel
'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen, Boek 40
Författare
Meiring Fouche
Illustratörer
Meiring Fouche
ISBN
9781928498391
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2025-08-26
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator