Gå direkt till innehållet
Rateltaai
Rateltaai
Spara

Rateltaai

Författare:
Afrikaans
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer
Rateltaai is die storie van die oudrugbyspeler en SuperSport-kommentator Ethienne Reynecke se annus horribilis. Hoe hy ’n driedubbele doodsaanslag in ’n enkele jaar oorleef het, hoe hy homself van die krytvloer opgetrek, die bloed uit sy mond gespoeg en sy eie houe op die lewe geplant het. Dit is ’n getuigskrif van die mens se vermoë om vas te byt, om fisiek en emosioneel te herstel nadat jy rondgegooi en platgetrap en sommer ook in die midderif geskop is. Ethienne vertel ook interessante staaltjies oor sy grootword- en universiteitsjare, en sy belewenisse as ’n berese beroepsrugbyspeler. Hy vertel wat hom motiveer, hoe hy oor die lewe dink en hoe hy bly vasklou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur. Dit is egter nie ’n rugbystorie nie. Dit is ’n verhaal van iemand wat homself, ondanks soveel terugslae, gelukkig ag en vervulling in pa-wees, liefde en vriendskap vind. Iemand wat kies om die lig in ’n donker kamer te soek. En as hy dit nie kry nie, self ’n vuur aan te steek.
Undertitel
Ethienne Reynecke se reis van tragedie tot triomf
Författare
Tinus van Staden
ISBN
9780639602240
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2021-07-16
Tillgängliga elektroniska format
  • Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
  • E-boksläsare i mobil/surfplatta
  • Läsplatta
  • Dator