Gå direkt till innehållet
’n Hart vol sand
’n Hart vol sand
Spara

’n Hart vol sand

Författare:
Afrikaans
Läs i Adobe DRM-kompatibel e-boksläsareDen här e-boken är kopieringsskyddad med Adobe DRM vilket påverkar var du kan läsa den. Läs mer

Die gramadoelas.

Die gatkant van die wêreld.

Kepeke.

Jenna het geen idee waar dié Kalahari-dorpie sy naam vandaan kry nie, want die woord “kepeke” beteken glo “baie”. En hier is nie baie van enige iets nie. Behalwe sand. En klipperige grondpaaie. Hoe op aarde kon haar pa haar dwing om hierheen te trek? Selfs die ouens is vreemd.

Maar kort voor lank kom Jenna agter dat daar baie meer in Kepeke se stil stofstrate aangaan as wat sy aanvanklik vermoed het.

Watter onheilighede broei by Abdoel se kafee – en wat beteken die geheimsinnige boodskap wat hy vir haar op ’n stukkie papier skryf?

Sal Freek se droom om die dorp se N/u-erfenis te bewaar, ooit bewaarheid word?

Hoekom wil niemand ’n woord rep oor die dorp se jong meisies wat soms vir lang tye verdwyn nie?

En dan is daar die aantreklike Richard vertrou wat haar knieë lam maak – maar kan sy hom regtig vertrou?

’n Boeiende jeugroman wat enersyds ’n blik bied op die realiteite wat jong mense op ’n klein, plattelandse gemeenskap in die gesig staar, maar terselfdertyd ook ’n ver-maaklike verslag is van ’n jong, bedorwe stadsmeisie se ervaring van eerste liefde en haar ontdekking van haar kulturele erfenis.

Författare
Anzil Kulsen
ISBN
9780799376081
Språk
Afrikaans
Utgivningsdatum
2015-05-01
Tillgängliga elektroniska format
• Epub - Adobe DRM
Läs e-boken här
• E-boksläsare i mobil/surfplatta
• Läsplatta
• Dator