Gå direkt till innehållet
Moord en ander speletjies
Spara

Moord en ander speletjies

Författare:
pocket, 2022
Afrikaans

Daar skort iets met Cronje se kollega en vriend Richard Roux, hy tree geruime tyd al geheimsinnig op.

Op aandrang van hul bevelvoerder, moet hulle die gesiene Regter Taljaard se verjaardagviering bywoon.

Die Regter word vermoor en Cronje ontdek dat hy die heeltyd 'n buitestaander in 'n kat en muis speletjie is.

Omdat Roux die hoofverdagte is, moet Cronje noodgedwonge terugstaan, terwyl Jan Visagie, 'n onbeholpe speurder, die ondersoek in 'n verkeerde rigting dwing.

Nuwe bewyse kom aan die lig, en Cronje besluit om sake in eie hande te neem. Hierdie besluit verander die koers van sy loopbaan en sy vriendskap met Roux.

Met soveel op die spel moet die enigmatiese speurder Cronje nie net fyntrap nie, maar ook sy persoonlike gevoelens eenkant skuif, anders kan die skuldige wegkom met moord...

Författare
Corlie Putter
ISBN
9780639712307
Språk
Afrikaans
Vikt
227 gram
Utgivningsdatum
21.6.2022
Sidor
186