

Die Vierde Nasaat
Drie ander mense - ''n kitaarspeler, ''n ingenieur, en ''n afgetredene - ontvang soortgelyke oproepe. Elkeen se familie besit ''n sleutel vir ''n kluis met vier slotte wat in ''n hofgebou ontdek is, alhoewel hulle verbintenis met mekaar net so ''n raaisel is as die kluis. Hulle voorsate sou nie met mekaar interaksie gehad het nie, het geen rede gehad om die kluis te begrawe nie, en moes ook nie agterna verdwyn het nie.
Met hulle sleutels kom Michelle en die ander nasate in die hofgebou se kelder bymekaar en sluit die kluis oop om die waarheid oor hulle voorsate uit te vind - ''n waarheid vreemder, gevaarliker, en potensieel meer radikaal as wat hulle hulle ooit kon voorstel. Nou moet hulle dit uit die verkeerde hande hou.
- Författare
- Allison Maruska
- Översättare
- Petro Ebersohn
- ISBN
- 9781507121429
- Språk
- Afrikaans
- Utgivningsdatum
- 28.9.2015
- Förlag
- Babelcube
- Tillgängliga elektroniska format
- Epub - Adobe DRM
- Läs e-boken här
- E-boksläsare i mobil/surfplatta
- Läsplatta
- Dator