
Die Verhaal van Sand
Min verhale is so ewig soos di van die wind, en min stemme dra soveel wysheid soos di van die woestyn. Sand se storie moedig kinders aan om nie verandering te vrees nie, maar om daardie vrees te verstaan en self te kies hoe om dit te hanteer. Wanneer 'n stroompie by die woestyn kom, probeer dit voortgaan soos altyd - sonder om te verander. Maar die wind leer hom dat ware groei soms verg dat jy moet verander, sonder om op te hou wees wie jy is.
Hierdie verhaal is een van vele wysheidsverhale wat die Afghaanse filosoof Idries Shah vir sy kinders vertel het - verhale wat help om anders te dink en die w reld met wysheid te bekyk. Hierdie unieke stories het hul oorsprong in Sentraal-Asi en die Midde-Ooste. Vandag word hulle pragtig ge llustreer uitgegee sodat kinders, hier en anderkant die w reld, iets waardevols daarin kan ontdek
Hierdie leersame stories kan op baie vlakke ervaar word. 'n Kind mag dalk net daarvan hou om daarna te luister; 'n volwassene mag dit meer gesofistikeerd analiseer. Uiteindelik kan albei baat vind by die lesse wat daarin vervat is.
- Författare
- Idries Shah
- Illustratörer
- Salma Kamal
- Översättare
- Lezanne Lategan
- ISBN
- 9781967855360
- Språk
- Afrikaans
- Vikt
- 132 gram
- Utgivningsdatum
- 2025-11-25
- Förlag
- Hoopoe Books
- Sidor
- 34